Nog skakels:

Soek in Afrikaans
Die Knoop
WOES
Afrikaners.org.za

 

 

 

Baie Welkom by Lourensb.co.za

Die Webblad van Lourens Breytenbach

       

Na meer as 25 jaar van wik en wens het ek uiteindelik besluit om my skryfwerk te publiseer!

Ek skryf al vandat ek 13 jaar oud is, en het al honderde gedigte, kortverhale en ander skryfsels "kwytgeraak".

Na 'n uitgerekte proses van wegsmyt en oorskryf het ek nou omtrent 150 bladsye vol "leeswaardiges" bymekaar gekry.

Die naam van die bundel is Kalawers vir die Hakkelinge* en dis 'n versameling van meer as 80 van my beste gedigte, kortverhale en sketse.

Dié publikasie is nou uiteindelik beskikbaar, en jy kan dit nou bestel.

Ek's baie aktief op Facebook, so word 'n FAN! Sluit ook gerus by my Facebook groep aan en bly so op hoogte van sake. Ek beplan 'n groot partytjie vir die bekendstelling van my eerste boek/bundel! Mens weet nooit - dalk word jy genooi!

Ek het ook besluit om 'n groot deel van die wins aan liefdadigheid te skenk. Baie van ons mense hier in die WESRAND (Roodepoort en Krugersdorp) het hulp nodig. So, bestel die boekie, en ek sal almal op hoogte hou van die werk wat ons tans doen om ons gemeenskap te help ontwikkel.

Ek is baie opgewonde oor hierdie projek, en hoop jy ondersteun dit. Hou ook my BLOG dop vir meer info.

Lekker lees!


Beste groete,
Lourens
 

* Die woorde "kalawers" en "hakkelinge" bestaan nie in Afrikaans nie. Jy sal maar die boek/bundel moet lees om uit te vind wat dié woorde beteken!


Trots Suid-Afrikaans!

 

 

© 2010 lourensb.co.za. Alle regte voorbehou.