|












 |
|
Hier is enkele
uittreksels uit die bundel, Kalawers vir die
Hakkelinge ...
vragie
het jy al ooit ‘n potloodstreep
dwars oor ‘n hart getrek
met die punt
wat diep insteek
en het jy al die bloed
daaruit gesien
as dit vlek
soos ink?
kameleon
kan jy jouself nou
sonder spieël of pruik
vierkantig in die oë kyk
of gooi jy ook
soos ‘n verkleurmannetjie
jou lyf en tong
rusteloos en roekeloos rond?
vasbreek
as jy soggens aansit en deur die newels kom,
dwars deur jou drome sny,
krul, strek, gaap, rek,
warm, snoes, omdraai, alarm!
koel kussing wanggee en soel son jou voel paai,
wakkerder, die lig insien, geskreef,
seer voete op die vloer plas,
lyfkrap, oogvee, strompelstap,
koffie, yskas, honger, pilsluk,
rook, bid, tandeborsel, soen, tv,
radio, koerant, stoepstaar,
aantrek, skeer, grimeer, organiseer,
kinders regkry – neul en aanjaag,
gou online gaan, foon druk,
dinge bymekaar trek, klere stryk,
goed optel, neersit, ooptrek ...
toilet, wasbak, stort,
daglank - oggendkort,
'n kettinkie kies vir jou nek,
die mure terugdruk op hulle plek ...
as jy sagkens, dieper asemhaal,
das, kouse, skoene, hare,
(altyd die sukkel met die hare!)
laaie oop en toe, kaste oop en toe,
die vloer intrap, rame weer haaks kry
plastiekbakkies vasklik, wasgoed doen,
vee, regpak, inpak, uitpak,
boomstompe uithol, graan stamp, vleis verwerk
...
as jy besig, haastig, laat, drafstap,
bang, ontsteld, braaf, opgewonde, oorstelp
karklim, straatvee, paalswaai, stopry, aankom
(komaan, klimkar, veestraat, swaaipaal, rystop)
... in die dag in ...
dan wens jy jy was af
en dan kom die besef soms
ek is 'n hakkeling
ek is 'n hakkeling
ek is 'n hakkeling
"Gordonia"
my kar dié wil nie vat nie
ja, my kar wil nie meer vat nie
stop niemand deesdae meer
vir mense langs die pad nie
die weer lyk sleg
die weer lyk sleg
dit reën so min ek vrek
my ma kom weer
my pa kom weer
elke ding het mos sy plek
sien jy waar die draai is
en hou jy nog van fliek
ja ek weet wat fraai is
ek trap net gou die briek
halfpad na die dorp toe
kom die werkers aangestap
die grondpad het nie teer nie
en die bus se wiel is pap
waar staan die wa
en gaan jy daaroor kla
hier staan die wa
die werkers sweet al klaar
daar is nie meer ‘n vloer
wat genoeg is vir my broer
en die ander ene
het ook twee mooi hakskene
daar reën dit weer
ag nee dit reën alweer
hoe braai mens dan die vleis
en wie bring vir vir ons ys
en waar de hel is Gordonia
lees meer
© 2010 lourensb.co.za.
Alle regte voorbehou.
|