Terugvoer en kommentaar van lesers:

 

Resensies:


" ... As jy (al die gedigte) lees dan kom jy sterk onder die indruk van die deurlopende tema. Dit laat my dink aan die boek The unbearable lightness of being. Dit is nihilisme - die moeite van voortbestaan van die weerlose mens in 'n onvriendelike en gevaarlike omwêreld en die uiteindelike sinneloosheid van hierdie stryd om oorlewing.

Dit is anders as pessimisme en depressie. Dit is net die unbearable lightness. Daar is nie 'n heroïese einddoel wat al die onvolmaaktheid regverdig nie. Ons is almal gelyk in die futilieit en die sinneloosheid van alles. Ons is almal ook geïsoleerd in ons individuele oorlewingspogings en kan dit nie vir mekaar makliker maak nie. Deur te identifiseer met hierdie nihilisme, verkry die leser wel 'n samehorigheidsgevoel, 'n troos dat ons almal saam is in hierdie stryd, al kan ons dit nie regtig vir makaar makliker maak nie. Eintlik 'n baie romantiese ervaring - die rede kan nie die emosie bevredig nie. Dit bly honger en onvergenoegd."

... Henk Crouse (Skrywer van Man op die dak)


Kommentaar van lesers:

  • Wil net vir jou se, ek het van jou gedigte op jou web gelees en dink dit is fantasties (Salome Van Niekerk Taylor)
     

  • Jissie ou? Waar het jy geleer om die pen so te swaai? Jimmel jou werk is stunning! (Albert Otto)
     

  • Ek het gou wit taxi gelees. Dit het my geroer. Mooi so ou broer.
    (Kobus Breytenbach)
     

  • Hi man, smaak jou BLOG, veral jou skrywe aan die "jongmense van ons land". WOW, dis regtig n MOOI BOODSKAP, maak my weer POSITIEF as daar onnies soos jy is! Ek hoop jy besef dis omdat jy "gesuffer" het dat jy vandag WAARDEER wat jy het! (John Neethling)

...

Stuur jou kommentaar na lourensbb@yahoo.com of besoek my Facebook Groep
vir meer info.
 

 

Ander AANHALINGS:

 

“In jou uniform van die engele gaan jy na vore, jy lig jou hande, en met volkome vertroue wag jy op die beeld van waarheid in gelid van die liefde.”
... Etienne Leroux

“You create a world of real magic when you alone decide to use your divine, miraculous inner intelligence to make it happen.”
... Wayne Dyer

“Eating words has never given me indigestion.”
... Winston Churchill

“I learned that you actually have more power when you shut up.”
... Andy Warhol

“Nou rus ek soos in modder, warm,
wat in die vlei gestowe word.
En ek begin verskriklik weet
hoe helder alles stort.”
... NP van Wyk Louw

“Everything in this book may be wrong.”
... Richard Bach

 

 

 

 

© 2010 lourensb.co.za. Alle regte voorbehou.